
NGK Newtonpark
Ons wil vir mense wat broos en onseker is, ‘n tuiste te skep waar hulle die Here kan ontmoet, in sy liefde rus en in so ʼn mate kan herstel dat hulle weer hul lewensreis kan voortsit.
Die doel is om
- gemeentelede en ander vriende van die gemeente in te lig en te motiveer om voortdurend hierdie waardes uit te leef en aan hulle inligting en bronne te voorsien waarmee hulle hul lewens kan verryk en getuienis versterk;
- om mense wat twyfel oor die Evangelie op ʼn vars en nuwe manier aan die Evangelie bloot te stel en uit te nooi om weer te begin dink en om met vrymoedigheid aan die geloofsgesprek te begin deel neem.
- om ook gemeenskapsaktiwiteite bekend te stel en so die gemeenskap te dien met inligting wat vir hulle belangrik kan wees.
Elkeen van jonk tot mense op gevorderde ouderdom moet tuis voel en vrymoedigheid hê om deel te raak van die gemeenskap en gespreksforums.






Comments (2)
admin
| #
Hierdie webtuiste is in aanbou. Kom kyk 1 Maart 2012 na die vordering wat gemaak is.
Reply
David Higgs
| #
Hou van julle roeping in die Header Bar
Reply